Simon's Town Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Simon's Town Lodge bied gerieflike, rustige, ruim selfsorgverblyf tussen die berg en see in Simonstad.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 'n woonstel op die boonste verdieping en 'n tuinvilla. Dié 2 eenhede kan apart of saam bespreek word. Linne en handdoeke word voorsien en weekliks vervang. Kinders kan heerlik op die strand baljaar.

Die patio en houtdek is perfek vir ontspanning, buite onthaal en braai. Die privaat dek spog met 'n eindelose, panoramiese uitsig oor die hele baai en omliggende berge. Die verblyf is pragtig gemeubileer en volledig toegerus sodat jy so tuis soos by jou eie huise sal voel.

Simon's Town Lodge bied 'n luilekker atmosfeer waar jou sandspore op die vloer jou sommer nog meer tuis sal laat voel. Die tuiste is eksklusief net vir julle. Kom skop jou skoene uit en herleef jou kindervakansies by die see!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Simon's Town Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 475 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false