Sir David Baird Selfsorg-eenhede

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sir David Baird is 2 ruim en sonnige grondvloerwoonstelle in die hartjie van Bloubergstrand. Die woonstelle loop uit op 'n pragtige tuin met 'n swembad. Dit is ongeveer 100 m van Kleinbaaistrand af en 'n gemaklike 5 minute se stap strandlangs na uitstekende restaurante en Eden on the Bay, Big Bay.

Die woonstelle het 'n pragtige uitsig op Tafelberg.

Die MyCiti-bushalte is reg voor die gebou en voorsien veilige en luukse vervoer elke 20 minute na Kaapstad en die Waterfront. Veilige parkeerpek is beskikbaar op die perseel.

Die woonstelle het elk 'n dubbelkamer, en suite-stort/-toilet en oopplan-kombuis/-leefarea. Die eenhede bied elk slaapplek vir 'n paartjie. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die kombuise is elkeen toegerus met 'n mikrogolfoond, induksiestoofplaat, broodrooster, ketel, eierkoker en braaipan. Ideaal vir 'n paartjie. Ongelukkig maak ons nie voorsiening vir kinders of troeteldiere nie. Geen oond nie. DStv met al die kanale en optiese vesel-WiFi is ingesluit. Braai op wiele en gemaklike tuinmeubels in die windbeskutte tuin. Gaste kan hul etes op die stoep geniet.

'n Minimum verblyftydperk van 2 nagte word vereis. Vir verblyf langer as 7 dae word 'n weeklikse skoonmaakdiens ingesluit. Sowat 19 km vanaf Kaapstad en 300 m vanaf Big Bay. Maklike toegang tot die roete na die Weskus. Ideaal vir watersportliefhebbers. Kom ontspan in die sonderlinge dorpie Bloubergstrand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sir David Baird Selfsorg-eenhede gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false