Sit Back and Relax

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sit Back and Relax is 'n selfsorghuis in Myburghpark, Langebaan.

Die huis het slaapplek vir tot 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis en 2 leefareas. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 2 en suite-badkamers en 1 aparte badkamer. Daar is 'n enkelbed in die leefarea wat ideaal is vir 1 kind. Die hoofslaapkamer is 'n solderruimte met 'n TV, 'n leeshoekie en 'n uitsig oor die strandmeer in die verte.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, en 'n skottelgoedwasser. Daar is 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eerste sitarea het 'n gemaklike leerbank en 'n kaggel en daar is 'n TV met vol DStv-kanale in die tweede sitarea. Daar is ook WiFi in die eenheid.

Die onderste leefarea bied toegang tot 'n patio met 'n piekniektafel en 'n draagbare braai. Die patio kyk uit oor die groot, omheinde tuin.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sit Back And Relax gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false