Skemerkelk Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Skemerkelk Guesthouse
bied 'n heerlike nagrus waarna gaste met voëlsang wakker sal word en die rustige platteland kan geniet in die hartjie van die Noord-Kaap. Die omgewing het baie olywe, pekanneute, sitrus en ander landbouprodukte.

Daar is 9 en suite-slaapkamers en elke kamer het 'n privaat ingang. Daar is 3 gesinskamers met 'n koningingrootte-bed en 'n driekwartbed. Elke kamer het 'n tema en luukse beddens met gehaltelinne. 2 kamers se badkamers het baddens en storte en daar is 1 wittebroodsuite met 'n driehoekige bad. Ander kamergeriewe sluit DStv, lugversorging, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe met tuisgebakte beskuit in. 'n Daaglikse skoonmaakdiens met skoon handdoeke is ingesluit.

Toegang tot die eiendom word slegs deur 'n sekuriteitshek verkry en parkeerplek is beskikbaar met 24 uur-sekuriteitskameras. Daar is ook 'n swembad.

Ontbyt, wegneemetes en ander maaltye, asook 'n wasgoeddiens is op versoek beskikbaar. 'n Yskas, vrieskas en mikrogolf is ook beskikbaar indien benodig. Die eetarea het 'n kaggel en daar is binne- en buitebraaigeriewe beskikbaar. Hout word voorsien en die gastehuis is rolstoelvriendelik.

Skemerkelk Guesthouse is 'n hartlike gastehuis en 'n veilige hawe met baie bome, 'n pragtige grasperk en tuin. 'n Vreedsame gesinsatmosfeer heers hier en dit is die ideale plek vir moeë reisigers om te kom ontspan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Skemerkelk Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za