Skimmelberg Getaway

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Skimmelberg Getaway is 'n opgeknapte selfsorgplaashuis wat in 1990 opgerig is. Die huis is op 'n werkende rooibos-, boegoe- en sitrusplaas tussen Citrusdal en Clanwilliam geleë. Dit is 'n wonderlike wegbreekplek vir 'n gesin of groep vriende, maar dis ook net so geskik vir 'n paartjie. Dis net 200 km van Kaapstad af op die N7 geleë.

Hierdie karaktervolle ou huisie bied slaapplek vir tot 8 gaste en dis die ideale plek om te ontspan, jou batterye te herlaai en die prag en rustigheid van die natuurlike omgewing en Sederberg-area te geniet. Die huis is baie goed toegerus vir selfsorg, maar 'n ligte ontbyt kan voorgesit word op versoek. Ons het kredietkaartgeriewe op die perseel.

Die huis het 4 dubbelkamers. Een van die kamers het 'n en suite-badkamers en die ander 3 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n aparte. Die oopplan-leefarea het gerieflike sitplek en 'n TV met DStv, asook 'n etenstafel met sitplek vir 8. Daar is ook 'n goed toegeruste kombuis met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die kamers beskik almal oor verwarmers en linne en handdoeke word voorsien. Die huis het 'n kaggel binne en braaigeriewe buite. Vuurmaakhout is op die plaas te koop.

In die plaaskantoor het ons 'n winkel met 'n verskeidenheid tee-soorte en ditjies-en-datjies waarin jy kan kom rondsnuffel. Hier kan jy lekker gaan stap, gaan swem in die plaasdam, voëlkyk, rotstekeninge gaan kyk of gaan wandel al langs die skilderagtige plaaspaadjies. Die plaas self en die omliggende area is gewild onder rotsklimmers, hengelaars en bergfiets-entoesiaste. Die endemiese Kaapse fynbos en die verskeie wild- en voëlspesies dra by tot die natuurlike, ongerepte gevoel van Skimmelberg Natuurreservaat. Buchu- en Rooibostoere is ook beskikbaar teen afslag. Gaste moet vooraf bespreek.

Die plaas is naby aan die hoofroete op pad na die Sederberg Wildernisarea met sy verskeie besienswaardighede. Jou gasheer en -vrou het 'n breë kennis van die area en hulle sal enige tyd voorstelle maak vir daguitstappies. Die dorpie, Clanwilliam, is 30 km verder geleë en daar kan jy goeie restaurante, 'n kunsgalery, interessante winkels en historiese besienswaardighede aantref.

Slaapplek

'n Bespreking by Skimmelberg Getaway sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Skimmelberg Getaway gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 950 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false