Skurwebank Lodge
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R33, Skurwebank Plaas 731, Ellisras, 0555, Limpopo
- Vanaf R690 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Skurwebank Lodge skuil in die hartjie van die Waterberge in Limpopo en bied lieflike oornag- en selfsorgverblyf. Dié bekoorlike verblyf is heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en is net 1 km vanaf een van die hoofroetes tussen Botswana en Suid-Afrika. Dit is dus die ideale oorslaapplek vir gaste wat tussen die twee lande reis.
Gaste kan tussen 3 pragtig ingerigte kamers wat elkeen slaapplek aan 2 gaste bied, kies. Elke kamer spog met 'n dubbelbed, 'n ruim klerekas en 'n knus rusbank vir ontspanning. Elk van die en suite-badkamers is goed ontwerp om te verseker dat gaste dadelik tuis voel.
Vir gaste wat verkies om hul eie maaltye te kook, het elk van die kamers 'n kombuisie wat met 'n eenplaatstoof, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus is. Bykomende geriewe sluit gratis WiFi en 'n selfhelp-ontbyt en versnaperingmandjie in wat gerieflik in elke eenheid voorsien word. Hierdie verblyf gebruik sonkrag vir
elektrisiteit en word nie deur beurtkrag geraak nie.
Daar is ook 2 Zebra-eenhede beskikbaar, elk met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Die Zebra-eenhede is slegs vir oorslaapdoeleindes en het geen kombuis, eetgerei, yskas of braaigeriewe beskikbaar nie.
Daar is veilige parkeerplek op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Mari Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Langs die R33, Skurwebank Plaas 731, Ellisras, 0555, Limpopo
- Gaste dink Skurwebank Lodge het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R33, Skurwebank Plaas 731, Ellisras, 0555, Limpopo