Sutherland Akkommodasie by Skurweberg Guestfarm | LekkeSlaap
+32

Skurweberg Guestfarm

4 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skurweberg Guestfarm, Posbus 171, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 200 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Skurweberg is 'n gastehuis met slaapplek vir tot 10 gaste. Die huis het 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en sitkamer, sowel as 'n braai-area langs die huis. Gedurende die koue winters kan gaste die kaggel, elektriese komberse en verwarmers gebruik om warm te bly. Beddegoed en handdoeke word ook voorsien.

Die eerste, tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens, en die vierde slaapkamer het 1 dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer.

Gaste kan ook op die plaas by die skaduryke kampeer-area langs die rivier uitspan. Die kampeerterrein het spoeltoilette en storte met warm en koue water. Daar is ook 'n lapa en braaigeriewe beskikbaar.

Die Skurweberg 4x4-roetes loop al langs die Roggeveld-platorand met ongelooflike uitsigte oor die Tankwa-Karoo en Cederberg. Die roetes word met groen, blou en rooi op die kaart gemerk om die moeilikheidsgraad daarvan aan te dui. Die moeilikste roetes sluit rotsagtige steiltes in. By Banggat, Granny's Bum en Hotrock sal jou ryvermoë waarlik getoets word. Al die groot hindernisse het egter ontsnaproetes.

Met 'n 2x4 met 'n hoë grondvryhoogte sal jy tot by die ongelooflike uitkykpunte oor die Tankwa-vallei en Ceres Karoo kan uitkom. Daar is merkers om aan te dui watter verskillende plantspesies in die Karoo aangetref word - 'n omgewing met 'n groot verskeidenheid plante. Die ribbok, klipbok en witkruisarend is ook op jou roete te bespeur.

Geniet voetslaan en bergfietsry of verlustig jou sommer net in die atmosfeer van 'n Karooplaas!

Slaapplek

’n Bespreking by Skurweberg Guestfarm sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Skurweberg Guestfarm
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Skurweberg Guestfarm, Posbus 171, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Skurweberg Guestfarm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 200
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R3 200
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Skurweberg Guestfarm, Posbus 171, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU1YTAyYTI2LWMzNzQtNDExZi04ZmE0LTZiZjJiNmU3MzdiOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 200  per nag (vir 10 persone) 4 5 1 5 Skurweberg Guestfarm P.O. Box 171 6920 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -32.28960511801 20.380999420624
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za