Golden Mile Akkommodasie by Skye Beach House | LekkeSlaap
+14

Skye Beach House

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golden Mile Boulevard 248 , St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 650 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Skye Beach House bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike strandhuis wat reg teen die strand in Golden Mile Boulevard geleë is. Dis naby Shelley Point Landgoed en sowat 20 minute vanaf Paternoster.

Daar is slaapplek vir 10 gaste op 2 verdiepings. Die tweede verdieping beskik oor die hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer met 'n dubbelbed, die derde slaapkamer met 2 enkelbeddens en die badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Elke slaapkamer het 'n see-uitsig en ingeboude kaste. Daar is 'n solderkamer bo die motorhuis met 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste bring hul eie bad- en strandhanddoeke saam.

Die onderste verdieping beskik oor 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea met 'n kaggel. Daar is ook 'n gastetoilet en 'n ruim veranda met 'n buitebraai. Dit lei na 'n groot grasperk waar kinders kan speel. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en mikrogolfoond.

Dié strandhuis bied rus en vrede teen die Gouemyl-strand waar gaste op die veranda met 'n boek kan ontspan of die dolfyne kan dophou. Gaste kan wandel op die strand, lekker braai of roeiski.

Slaapplek

’n Bespreking by Skye Beach House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 7 resensies vir Skye Beach House
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Golden Mile Boulevard 248 , St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Skye Beach House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 650
per nag (plek vir 10)
Vanaf R4 650
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golden Mile Boulevard 248 , St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZiOTNiYmNhLWQ4NmEtNDBkZi04Nzg5LTc5NWRjZTZhNmQxNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 650  per nag (plek vir 10) 7 5 1 5 248 Golden Mile Boulevard St Helena Bay 7390 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.717626669986 17.959175860119
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za