Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

[email protected] is 'n selfsorg-tuinwoonstel wat in Vredelust, Bellville geleë is. Dis sentraal geleë, net 20 km van die middestad af en gerieflik naby die N1, Tygervallei-winkelsentrum, die Velodrome en die lughawe wat net 13 km weg is. Dis 'n groot eenheid wat ideaal is vir gesinne met kinders en troeteldiere.

Daar is slaapplek vir tot 4 gaste. Die slaapkamer het lugversorging en 'n dubbelbed. Verder is daar 'n slaapbank in die oopplan-sitkamer vir 2 mense. Linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is toegerus vir basiese selfsorg met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Koffie, tee, suiker en melk word voorsien. Die sitkamer het gemaklike sitplek met 'n TV en sekere DStv-kanale.

Die eenheid het sy eie omheinde tuin wat groot genoeg is vir die kinders om te baljaar of vir 'n klein hondjie. Daar is 'n beskutte patio en aparte vuurmaakplek met sitplek. Daar is 'n muur om die eiendom en veilige parkeerplek in 'n motorhuis met 'n alarm.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na [email protected] gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false