Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Slievyre Game Farm

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D416, Colensoweg, Estcourt, 3310, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R760 R646 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Slievyre is weggesteek in die pragtige bosveld van die KwaZulu-Natalse Middellande, 10 km vanaf Estcourt en die N3. Hierdie privaat natuurreservaat is perfek is vir familie-reünies, rustige vakansies, romantiese wegbreke of bloot 'n oornagstop.

Die kamp is geleë in een hektaar omheinde grasperke en bevat 5 tradisioneel-geboude klip- en grasdak-chalets. Die kamp kan gemaklik slaapplek vir 25 persone verskaf en ekstra beddens kan verskaf word indien benodig. Daar is 3 dubbel-chalets; een bied slaapplek vir 3 persone, terwyl die vyfde chalet slaapplek vir 'n gesin van 6 bied. Almal bevat privaat en suite-stortkamers en die kombuise is toegerus met alle selfsorgfasiliteite.

Vars beddegoed en handdoeke word verskaf aan elke gas en die chalets word daagliks skoongemaak.

Twee lapas grens aan die chalets, en beide bevat tafels, stoele en ingeboude braaiplekke. Dit word daagliks skoongemaak en die vuurmaakhout word aangevul.

Slievyre strek oor ongeveer 2 000 hektaar en word as bosveld geklassifiseer. Terwyl jy op die plaas stap of ry, sal jy diere teënkom wat kameelperde, koedoes, waterbokke, sebras, elande, wildebeeste en tientalle kleiner wildsbokke insluit. Die plaas is ook die tuiste van meer as 200 voëlspesies.

Gaste is welkom om gratis vis te vang - bring net jou hengelgereedskap saam! Alle inwonende gaste is welkom om by ons aan te sluit vir 'n wildkykrit of 'n skemerkelkie. Ander doendinge sluit in bergfietsry, voëlkyk en vierwielmotorfietsritte (gaste moet hul eie een saambring).

Fasiliteite by Slievyre sluit in: swembad met aangrensende kinderpoel (geen waterbeperkings), staproetes, hengel (baars en tilapia), voëlkyk, wildkykritte as die weer dit toelaat, 4x4-roetes, klimraam, wipmatte, bordspeletjies, vierwielmotorfiets-roetes (bring jou eie vierwielmotorfiets), grasperkspeletjies, TV/DVD, filmbiblioteek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 73 resensies vir Slievyre Game Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • D416, Colensoweg, Estcourt, 3310, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Slievyre Game Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R760
R760 R646
per nag, vir 2 mense
Vanaf R760
R760 R646
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D416, Colensoweg, Estcourt, 3310, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE3NjI2ZWRlLTkyZGUtNDRlMy04YzUzLTQ0OGY0OTcwNDYzYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R760 nouVanaf R646 per nag, vir 2 mense 73 5 1 5 D416 Colenso Road 3310 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.931316222255 29.898396134377