Slypsteen Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Slypsteen Guest Farm bied selfsorg-chalets in die dorpie Vollgraaffsig sowat 100 km vanaf Upington in die Groblershoop-area. Die gasteplaas is op 'n heuwel wat oor die pragtige Oranjeriviervallei kyk gebou.

Verblyf by Slypsteen Guest Farm beskik oor 7 selfsorg-chalets. Elke chalet het 'n oopplan-uitleg met 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n kombuisie met 'n stoof, mikrogolfoond en braaigeriewe. Elke chalet het ook lugversorging en 'n TV.

Die chalets bied pragtige uitsigte oor die Oranjerivier, die wingerd en lieflike sonsondergange. Die plaas het 'n gemeenskaplike seisoenale swembad en 'n braai-area. Daar is 'n funksielokaal en 'n kappel wat vir troues of spesiale geleenthede vir tot 60 gaste gehuur kan word.

Die plaas is ideaal vir gaste wat wil voetslaan, bergfietsry of visvang in die rivier. Die gasteplaas is op 'n rotsagtige heuwel gebou en is dus nie rolstoelvriendelik nie. Klein en goedgemanierde honde word toegelaat, maar moet op 'n leiband gehou word wanneer hulle buite is aangesien daar dassies, wilde diere en plaasdiere is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Slypsteen Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za