Snails' End Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Snails' End Cottage is 'n selfsorg kothuis in 'n stil voordorpie van Hermanus. Dis baie naby die strand en seepad.

Ons akkommodeer twee gaste in die hoofslaapkamer op twee enkelbeddens. Daar is ook 'n gemaklike dubbel-slaapbank in die oopplan sitkamer. Bedlinne en handdoeke (buiten swemhanddoeke) word voorsien, en daar is 'n TV met DStv, verwarmers vir koel wintermaande in die slaapkamer en sitkamer. Daar is 'n stort, wasbak en toilet in die badkamer én komplimentêre toiletbenodighede.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, yskas, mikrogolfoond, gasvryheidskinkbord en ander nodgie kombuisgereedskap. Daar is 'n stoep en braaiplek. Afdrooglappe en 'n skottelgoedwasser word ook voorsien.

Die kothuis het sy eie ingang, en daar is baie parkeerplek beskikbaar.
Kinders is baie welkom hier. Klein hondjies is ook baie welkom, maar slegs indien dit vooraf so gereël is.

Ons is naby vier gholfbane en lieflike staproetes, die pragtige Fernkloof Natuurreservaat, en baie moderne wynlandgoedere in die Hemel-en-Aarde Vallei daarnaby.
Van Augustus tot Desember is dit baie spesiaal om na walvisse vanaf die kloofpad te kyk, en haaihokduik is naby.

Snails' End is perfek vir toeriste, vakansiegangers en sakelui. Ons bedien 'n vol of kontinentale ontbyt in die kothuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Snails' End Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Snails' End Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 3 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]