Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Snoekies

Selfsorg
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-straat 1, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Snoekies bied selfsorgverblyf 500 m van die strand af in Hondeklipbaai en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Daar is 3 eenhede met privaat ingange en elke eenheid het slaapplek vir 5 gaste. Elke eenheid het 2 slaapkamers met dubbelbeddens of 2 enkelbeddens en 'n ekstra enkelbed is in die leefarea beskikbaar. Snoekies 1 het 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, en Snoekies 2 en 3 het elkeen slegs 'n stort. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Elke kombuis is met 'n mikrogolfoond, stoof, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en etes kan by die toonbank of etenstafel geniet word.

Elke eenheid het ook 'n privaat braai-area, maar gaste moet asb. hulle eie braaitoerusting saambring.

Gedurende die spitsseisoen kan water skaars word en daarom moet gaste asb. water spaarsamig gebruik. Bring asseblief genoeg vars water saam, want die dorp se water is brakwater. Die krag kan ook soms onverwags afgaan.

Hondeklipbaai bied 'n lang strand vir stap en verskillende rotspoele en getypoele om te verken. Ander doendinge in die omgewing sluit in visvang, kreefvang met permitte, stap en fietsry, asook 4x4-roetes. Gaste kan ook die Dog Stone, die Aristea-skeepswrak, Spitfire Rock en die Hondeklipbaai-vuurtoring besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Ocean View-straat 1, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-straat 1, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf761f3b3f1a2d13b84a723d8183e91adc0523e55853fd7c1f9887ae55dda9c2daac2afd0ed0eca3de0ab847900de86b5bfff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 5) 1 Ocean View Street Hondeklip Bay 8222 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.319595741259 17.275572674413
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem