Oudtshoorn Akkommodasie by Soetdoring Selfsorg | LekkeSlaap
+21

Soetdoring Selfsorg

Selfsorg
Winteraanbod 15% af

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Jul 2020 tot 31 Des 2020.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R328 , Zeekoegat Plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R990 R842 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Soetdoring Selfsorg is in 'n stil en rustige omgewing met 'n uitsig op die Outeniekwaberge geleë. Dié ongekunstelde wegbreek bied selfsorgverblyf net 7 km van Oudtshoorn af.

Dit is die ideale wegbreek vir paartjies, gesinne en vriende van alle ouderdomme en selfsorgverblyf word in 4 lieflike houtkothuise aangebied. Die kothuise het lugversorging, gemaklike dubbelbeddens en enkelbeddens, en privaat badkamers met storte, toilette en wasbakke.

Elke kothuis het 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus is, en 'n knus kaggel vir die koue wintermaande. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen ekstra koste beskikbaar.

Die kothuise lei na lieflike stoepe met sitplek en braaigeriewe waar gaste die uitsig kan geniet terwyl hulle 'n vleisie oor die kole gooi. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die kliphuisies het ook toegang tot 'n swembad.

Daar is 'n rits doendinge en besienswaardighede in die area wat gaste van die plaas af kan besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Ligging

  • Langs die R328 , Zeekoegat Plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R990
Vanaf R842
per nag (plek vir 2)
was R990
Vanaf R842
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R328 , Zeekoegat Plaas, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAM8zJhadaTy81dCzWuQaTyN0vPayD2j8joRWtrmLbeddTp2dL0C?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R990, nou Vanaf R842  per nag (plek vir 2) Off the R328 Zeekoegat Farm 6620 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.630455083693 22.155686306063
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za