Soleil South Coast

Voeg by Gunstelinge

 

Naweekaanbod 30 % af

Kry 30% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Nov 2019 tot 16 Nov 2019.

Beskrywing

Soleil is 'n selfsorghuis aan die Suidkus van KwaZulu-Natal in Anerley. Dit is 12,2 km buite Hibberdene en slegs 1 km vanaf Southport, 'n Blouvlagstrand. Die huis het gemaklike slaapplek vir 5 gaste. Let asb. daarop dat Soleil ’n onafhanklike watersisteem het.

Die huis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n addisionele enkelbed in die sitkamer. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Daar is 'n bad en 'n stort. Die kombuis is ten volle toegerus met toebehore asook eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n TV, bring asseblief jou eie DStv-dekodeerder en slimkaart. Die opset is geskik vir 'n gewone DStv-dekodeerder of die Explora-dekodeerder. Die patio het 'n tafel en stoele met 'n draagbare braai. 'n Bababed is beskikbaar teen geen ekstra koste. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie. 'n Skoonmaakdiens is op versoek teen 'n klein bedrag beskikbaar.

Daar is 'n alarmstelsel asook 'n toesluitmotorhuis. Die huis is naby die pragtige strande en goeie hengelplekke geleë. Plaaslike doendinge soos die gholfbaan, bergfietsry, restaurante, en die Lake Eland Wildreservaat bied pret vir die hele gesin.

Slaapplek

'n Bespreking by Soleil South Coast sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Soleil South Coast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R720 R504 per nag (plek vir 5)

Kry 30% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Nov 2019 tot 16 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za