Sometimes Tugela Mouth

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sometimes Tugela Mouth is 'n gerieflike gesinshuis vir 12 gaste by Tugela-strand, sowat 50 km noord van Ballito in KwaZulu-Natal.

Die huis het 2 badkamers, 6 slaapkamers, 'n eetkamer en 'n selfsorgkombuis met 3 vrieskaste en 2 yskaste. Daar is 'n TV in die sitkamer. Vir ekstra veiligheid is die huis toegerus met 'n alarmstelsel en laserstrale voor. Daar is ook 'n onderdakbraaiplek in 'n binnehof en 'n lieflike see-uitsig vanaf 'n uitkykpunt met stoepmeubels. Daar is 'n dubbelmotorhuis en 'n groot, netjiese tuin.

Die TV het 'n skottel, bring net jou eie DStv-dekodeerder, slimkaart en kabels saam.

Vir inkopies kan gaste Gateway Umhlanga en Ballito besoek. Tugela-mond is bekend vir kus-, rivier- en boot-hengel. Hier sal jy salm, leervis, haai, elf, lobotes en 'n verskeidenheid ander spesies op verskillende tye in die jaar kan vang. Diepseehengel-uitstappies kan gereël word vir visvang in die Tugela-mond. Meer as 260 voëlspesies is reeds geïdentifiseer, so voëlkyk is beslis op die agenda.

Doendinge en besienswaardighede sluit Amatikulu Natuurreservaat, Amatikulu Prawn Restaurant en verskeie gholfbane, waarvan Mandini se naaste is, net 14 km hiervandaan. Daar is ook tennis- en rolbalbane.

Slaapplek

'n Bespreking by Sometimes Tugela Mouth sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sometimes Tugela Mouth gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 160 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za