Vleesbaai Akkommodasie by Son en See | LekkeSlaap
+21

Son en See

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kershoutstraat 23, Vleesbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Son en See is 'n ruim, netjiese en volledig ingerigte woonstel wat in Vleesbaai, omtrent 250 m vanaf die strand, geleë is. Daar is volle see-uitsigte vanaf die patio, leefarea, slaapkamers en kombuis. Dié woonstel bied slaapplek vir 5 gaste, insluitend kinders, en is oor naweke en vakansies beskikbaar. Die minimum verblyftydperk in hoogseisoen is 10 dae en 2 dae buite die hoogseisoen.

Son en See het DStv, 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, en 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed en sy eie stort en toilet. Daar is ook 'n stapelbed in die leefarea. Die ruim kombuis is volledig toegerus met alles wat nodig is vir selfsorg soos 'n bolaai-wasmasjien en 'n spens.

Saans kan gaste lekker braai op die patio en in volmaanperiodes kyk hoe die maan oor die see opkom. Geniet die voëllewe in die tuin, kyk hoe dolfyne en walvisse in die baai baljaar en vergeet van al jou bekommernisse.

As jy op soek is na 'n rustige vakansiebestemming is Vleesbaai perfek vir jou. Vleesbaai lê aan die westelike punt van die alombekende Tuinroete te midde van ongerepte natuurskoon. Die ellelange strande is veilig en perfek vir stap, draf en swem.

Slaapplek

’n Bespreking by Son en See sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 21 resensies vir Son en See
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Kershoutstraat 23, Vleesbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Gaste dink Son en See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 5)
Vanaf R800
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kershoutstraat 23, Vleesbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJlMjMyNmY2LWQxMWUtNDU3MS05ZmQ1LTc5MzBlZmExMDUwMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 5) 21 5 1 5 23 Kershout Street Vlees Bay 6504 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.292714761096 21.914484500885
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za