Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sondela Camping and Caravan Park

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 174 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tweefontein Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R350 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sondela Nature Reserve is in Limpopo geleë en is een van Suid-Afrika se gewildste vakansieoorde. Sondela Nature Reserve se karavaanpark verdien beslis al die toekennings wat al deur tydskrifte toegeken is en is werklik een van Suid-Afrika se top 100 oorde. Hierdie oord bied groen grasperke en lowerryke bome dwarsdeur die jaar, asook luukse ablusiegeriewe. Gaste word hartlik ontvang met pannekoek en 'n koue drankie, 'n gratis sak ys en hout, 'n gratis wildrit vir 4 op 'n trekker en sleepwa, asook hulp met die op- en afslaan van jou kamp.

Die karavaanpark bied gedeelde ablusiegeriewe, asook privaat ablusiegeriewe. Al die staanplekke het elektrisiteit- en waterpunte, asook eie braaigeriewe. Die karavaanpark is uiteengesit om 'n grasdak-ablusieblok wat ontwerp is om in gaste se behoeftes te voldoen met ingeboude badabadjies en 'n gesinsbadkamer. Die pragtige lapa bied 'n kroeg- en kuierarea met DStv, pooltafel, tafeltennis en veerpyltjies.

Ander geriewe sluit 'n swembad met ingeboude spa, kinderswembadjie en boma met braai-area in. Daar is ook unieke "porta-potti"-spoeltoilette. Gaste word aangemoedig om deel te neem aan die oord se reaksieprogram en kan ook doendinge soos wildritte, begeleide wandelings, perdry, pool en vlugbal speel, en besoeke aan die Wildlife-sentrum beproef. Piccini's Bistro is net 'n klein entjie se stap waar gaste heerlike kos en drankies langs die swembad kan geniet. Doen gerus navraag oor tuisgemaakte maaltye wat bestel en by jou karavaan afgelewer kan word.

Probeer gerus die Tambuki-kampplek vir die avonturiers wat na aan die natuur wil wees. Hierdie afgeleë kampplek is aan die voet van 'n klipkoppie en kan slegs met 4x4-voertuie bereik word. Tambuki bied slegs 5 staanplekke met plek vir tot 4 gaste per staanplek. Kom slaan jou tent op en bewonder die ongerepte natuur om jou! Gaste kan ook die koppie uitklim en skemerkelkies geniet terwyl hulle die sonsondergang bewonder. Die Tambuki-kampplek het geen elektrisiteit nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 102 resensies vir Sondela Camping and Caravan Park
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.5/5

Sondela Geverifieer

Eiendomme 43

Resensies 234

Jaar gelys 7

Ligging

  • Tweefontein Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Sondela Camping and Caravan Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R350
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R350
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 174 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tweefontein Plaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5c204cba029fd5a0fd9d0d50d571b71294ca2948c0ca8fa45f8034c942c5206df94f297355d6db1279b907a2ccbf94a1460a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R350 per nag (plek vir 6) 102 5 1 5 Farm Tweefontein Bela Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.926489129992 28.392198084656
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem