Southern Comfort Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Southern Comfort Accommodation is in Pietermaritzburg geleë en is naby alle geriewe en ongeveer 40 minute se ry van Durban af. Dit is die ideale bestemming vir sakereisigers en vakansiegangers.

Verblyf word aangebied in 2 dubbelkamers en 3 gesinskamers. Die kamers beskik oor en suite-storte. Die dubbelkamers beskik oor 2 enkelbeddens. Die gesinskamers het elk 1 dubbelbed, 1 enkelbed en 2 stapelbeddens, asook hul eie ingang en 'n uitsig oor die swembad. Elkeen van die kamers het 'n TV, yskassie, ketel, mikrogolfoond, tweeplaatstofie, eetgerei, breekware, 'n strykyster, waaiers en verwarmers.

Southern Comfort Accommodation is in 'n welige en netjiese tuin geleë. Daar is 'n gemeenskaplike patio-area met 'n platskerm-TV. Die beskutte patio kyk oor die swembad uit en kan gebruik word vir klein konferensies of funksies. Daar is ook 'n kombuisie en stort by die patio wat beskikbaar is vir gaste.

Die perseel is 1 km van die N3-hoofweg af en ook net 'n paar km van die Liberty Midlands Mall en Pietermaritzburg Lughawe af. Southern Comfort Accommodation is naby die Comrades Marathon en Duzi Kano Marathon se begin- en eindpunte. Tala Wildlodge en die Howick Waterval is ongeveer 20 minute se ry weg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Southern Comfort Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za