Spanish Farm Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 40 % af

Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Nov 2019 tot 12 Des 2019.

Beskrywing

Spanish Farm Guest Lodge bied 'n wonderlike, rustige atmosfeer met tipiese, hartlike Suid-Afrikaanse gasvryheid. Die lodge is teen die hellings van die Helderberg geleë met uitsigte op die Hottentots-Hollandberge, die hemelblou water van Valsbaai en die dorp Somerset-Wes.

Ons bied verblyf aan in gastekamers en selfsorg-villas met lugversorging. Die villas is in manjifieke, inheemse tuine geleë. Elke villa het sy eie leefarea met 'n kaggel en DStv asook 'n eetkamer met 'n eetkamertafel en volledig toegeruste kombuis. Voorraad vir die yskas kan voorsien word indien dit vooraf gereël word. Die villas het ook privaat, natuurlike poele en houtdekke waarin gaste lekker privaat kan sonbaai. Daar is ook onderdakparkeerplek vir elke villa.

Die pragtig gerestoureerde gastehuis met sy ruim slaapkamers word omring deur lieflike tuine met 'n randvloei-swembad. Gaste kan gerus 'n heerlike Kontinentale of volledige Engelse ontbyt geniet wat in ons ontbytkamer of in die tuin voorgesit word. Daar is 'n groot terras met 'n uitsig oor die oseaan vir al fresco-etes of om 'n skemerkelkie te geniet. In die winter kan gaste heerlik ontspan en lees in die gemaklike leefarea voor die kaggel met 'n glas wyn of selfs lekker musiek luister.

Professionele persoonlike afrigting in die privaat gimnasium kan gereël word. Daar is ook 'n sauna. Masserings en skoonheidsbehandelings kan op versoek voorsien word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Spanish Farm Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 R1 500 per nag (plek vir 2)

Kry 40% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Nov 2019 tot 12 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za