LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Splashing Waves @ The Dunes Resort | LekkeSlaap
+59

Splashing Waves @ The Dunes Resort

Oord
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 1, H39, The Dunes Resort, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Splashing Waves is 'n privaat eenheid in The Dunes-oord in Keurboomstrand, slegs 10 minute se ry van Plettenbergbaai af en 110 km vanaf George Lughawe. Die ligging is ideaal vir diegene wat die pragtige Tuinroete wil verken. Die oord is langs Keurboomstrand en gaste het privaat toegang tot die strand en kan 'n piekniek of 'n skemerkelkie geniet of in die 4 ster-restaurant eet.

Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n mikrogolfoond, ketel en yskassie in die kamer.

Die kamer lei na 'n stoep en daar is onderdakparkeerplek langs die eenheid.

Daar is WiFi by die restaurant en kroeg, maar nie in die kamer nie. 'n TV is nie beskikbaar nie.

Die oord bied 24 uur-sekuriteit, 2 swembaddens, 'n speletjieskamer, trampolien, klimraam, uitstekende geleenthede vir visvang, 'n gelisensieerde restaurant en kroeg, en dit is naby die Blouvlagstrand.
Daar is ook 'n privaat uitkykdek op die perseel waar besoekers dolfyne en walvisse kan sien. 'n Veilige staproete deur 'n welige bos lei gaste na die privaat strand.

'n Vars, outentieke en heerlike Thyme and Again-padstal en die beroemde Italiaanse restaurant, Ristorante Enrico, is naby. Mel's place, 'n kroeg, restaurant en koffiewinkel, bied plaaslike vermaak, lewendige musiek en kos, en is stapafstand van die oord af.

Plettenbergbaai het ook ryk marienelewe. Tussen Julie en Desember kan Suidelike noordkapperwalvisse gesien word. Die relatiewe warm water is die perfekte plek vir hulle om te kom baljaar en te kalf en dié spektakel kan van die land of per boot gesien word. Dan is skole dolfyne ook volop. Gaste kan 'n boottoer of mariene-safari reël.

Die Robbergnatuurreservaat is die perfekte plek om walvisse en dolfyne te sien, voëls uit te ken en 'n staptog na die Nelsonbaaigrot te doen. Robberg is ook die tuiste van 'n groot Kaapse pelsrobkolonie wat van die Robbergstrand af gesien kan word. Daar is 'n houtpaadjie naby die robbe se eiland met 'n uitsig aan die bopunt wat nie sal teleurstel nie.

Boomtoptoere en brugspring is ook beskikbaar in die area, en daar is kunsvlyt-, vars produk- en kosmarkies. Gaste kan Monkey Land, Birds of Eden, die slangpark, Puzzle Park en die Olifantpark besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Splashing Waves @ The Dunes Resort sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Hoofweg 1, H39, The Dunes Resort, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 1, H39, The Dunes Resort, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4e4802fc63018bb50f9ace72bee36ab2ac19049552378be2dec389f37e08dcdfd7406216da9f2659e61f7946ebd4907f137f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 1 Main Road, H39 The Dunes Resort, Keurboomstrand 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.009782428911 23.422530737261
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!