LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+22
Selfsorg in Parys

Spot the 10thPrime picks icon.

Prime picks icon.


8 gaste

4 slaapkamers

7 beddens

3 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 3251 Starling Avenue, Parys Golf & Country Estate, Parys, 9585, Vrystaat Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Spot the 10th is 'n gerieflike en ruim vakansiehuis op die Parys Golf & Country Estate, 'n skilderagtige landgoed op die Vaalrivier se oewer aan die buitewyke van Parys. Die huis se voorstoep spog met 'n pragtige uitsig oor die 10de setperk met die pragtige Vredefortkoepel-heuwels as agtergrond.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n aantrekkamer met genoeg kaste en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n instapstort, wasbak en 'n toilet. Die ander 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat in 'n dubbelbed omskep kan word. Van die 2 aparte badkamers het een 'n bad, stort en 'n toilet en die ander een 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne, gesig- en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, eetgerei, breekware, dubbeldeur-yskas en 'n toonbank met stoele toegerus is. 'n Opwaskamer met 'n dubbelwasbak, skottelgoedwasser, stoomstrykyster en 'n strykplank word ook voorsien. Langs die kombuis is daar 'n etenstafel met sitplek vir 8, 'n kroeg, kaggel en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV teen die muur met die volle DStv-pakket en toegang tot Netflix en YouTube. WiFi word voorsien.

Die skuifdeure in die leefarea lei na 'n stoep met buitesitplek en 'n uitsig oor die swembad. Buite is daar 'n houtskoolbraai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die huis is 1,9 km vanaf die Likkewaan-kanoklub en 1,2 km vanaf The Boat House.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Strykyster
Fietsry

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet


Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Vernon O
5.0
Baie lekker en rustig. Ons het baie lekker gebly, sal vir seker aanbeveel.
Aug 2026
Mabatho T
Saam met vriende
5.0
Home far from home. The accommodation is spotlessly clean, modern and spacious. Talita was helpful and friendly. The pool was very clea...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Lee S
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend. Sal weer besoek. Pragtige plek. Baie lekker gebly. Sal weer besoek.
Sep 2025
Francois D
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker gerus! Ons het heerlik gekuier in Spot the 10th. Die huis is baie goed toegerus met alles wat jy kan nodig kry. Die huis kyk uit op die 10...
Sien meer
Aug 2025
Nadine V
Gesin met tieners
5.0
Als op sy plek en so netjies! Ons bly altyd lekker by Spot on 10th!
Jul 2025

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Vernon O
Kort verblyf
5.0
Aug 2026

Baie lekker en rustig. Ons het baie lekker gebly, sal vir seker aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mabatho T
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Okt 2025

Home far from home. The accommodation is spotlessly clean, modern and spacious. Talita was helpful and friendly. The pool was very clean. The cleaning staff were very friendly too.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nico
Spot the 10th
Dear Mabatho, Thank you for taking the time to provide feedback on your recent stay at Spot the 10nth; it is appreciated! We are very pleased to know that you had a very enjoyable weekend, and we are looking forward to your next visit. Kind regards, Nico Uys.

Lee S
Kort verblyf ⋅ Gesin met tieners
5.0
Sep 2025

Uitstekend. Sal weer besoek. Pragtige plek. Baie lekker gebly. Sal weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois D
Kort verblyf ⋅ Gesin met tieners
5.0
Aug 2025

Baie lekker gerus! Ons het heerlik gekuier in Spot the 10th. Die huis is baie goed toegerus met alles wat jy kan nodig kry. Die huis kyk uit op die 10de setperk en is baie rustig!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nadine V
Kort verblyf ⋅ Gesin met tieners
5.0
Jul 2025

Als op sy plek en so netjies! Ons bly altyd lekker by Spot on 10th!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nico
Spot the 10th
Baie dankie vir jou resensie! Altyd lekker om te hoor dat jy en jou gesin heerlik gekuier het. Kom kuier gerus weer.

Manie A
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
4.4
Sep 2026

Lekker huis, netjies en goed geleë. Heerlike huis met goeie ligging. Hulle kan hulle braai-toebehore (soos braaitange, vleisbakke en snyplanke) uitbrei. Die een stort se druk is swak, moontlik is die stortkop verstop.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Nico
Spot the 10th
Hallo Manie, baie dankie vir jou resensie. Ek is bly julle het lekker kuier. Ons gee spoedig aandag aan jou voorstelle en waardeer elke een. Ons sien uit na julle volgende kuier. Groete, Nico Uys.

Jean V
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2025

Baie mooi huis. Ons het baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dean V
Kort verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2025

Beautiful and spacious. Beautiful and well set up. It has everything you need and ample space. I would definitely recommend.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nico
Spot the 10th
Thank you, Dean, for taking the time to provide feedback about your stay at Spot the 10th. Hope to welcome you back in the near future.

Matome T
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Jan 2025

Great. I really enjoyed my stay at Spot the 10th and wouldn't mind visiting the place again.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nico
Spot the 10th
Hallo Matome, We appreciate your positive feedback about your stay at Spot the 10nth. Kind regards, Nico and Polla.

Anonieme gas
Kort verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
4.8
Okt 2025

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0


Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nico Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 2 jaar


Ligging

Gaste dink Spot the 10th het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Tariewe en beskikbaarheid


Spaar op jou verblyf

Kyk ’n bietjie watter spesiale aanbiedinge by dié blyplek beskikbaar is.

15% AF!
Rewards
Kry 15% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 2-lede.

Nie geldig vir verblyf vanaf: 07 Dec 2025 tot 05 Jan 2026 en 07 Dec 2026 to 05 Jan 2027.
15% AF!
Pensioenarisaanbod
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Hierdie aanbod is altyd geldig. Dié aanbod is slegs vir pensioenarisse beskikbaar. B’s&V’s geld.
10% AF!
Rewards
Kry 10% af - Slegs vir LekkeSlaap Rewards Vlak 1-lede.

Nie geldig vir verblyf vanaf: 07 Dec 2025 tot 05 Jan 2026 en 07 Dec 2026 to 05 Jan 2027.
10% AF!
Pensioenarisaanbod
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Hierdie aanbod is altyd geldig. Dié aanbod is slegs vir pensioenarisse beskikbaar. B’s&V’s geld.

Wat jy moet weet

Inklok Tussen 15:00 en 19:00
Uitklok Voor 10:00

'n Daaglikse skoonmaaktarief is op versoek teen 'n ekstra koste per dag beskikbaar.

Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
Meer as 1 week voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 48 uur voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 48 uur voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Vanaf
R3 600
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R3 600
per nag (plek vir 8)
Bespreek

3251 Starling Avenue, Parys Golf & Country Estate, Parys, 9585, Vrystaat

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAddef39c75a0f6ad60dacd259ad56a2ccdc0ba7c635b8be48e1bf2d64519c48b2a786db03ced2f2755cec2f4ecae8874d07fd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag (plek vir 8) 20 5 1 5 3251 Starling Avenue Parys Golf & Country Estate 9585 Vrystaat 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -26.883074506904 27.486234640159
Soek in 'n groter streek