LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Springwater Cottages | LekkeSlaap
+57

Springwater Cottages

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoonzicht plaas, Ficksburg, 9730, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R760 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Springwater Cottages is aan die suidelike kant van ons vallei en wes van Ficksburg geleë. Gaste kan die lieflike uitsigte oor die verskeidenheid oeste insluitend mielies, koring en sonneblomme, geniet soos hulle verouder en verander soos die seisoene aanstap. Die sonsondergang wink elke oggend vanaf die heuwels en ons ongelooflike sonsondergange is legendaries.

Ons verblyf is rustiek, gerieflik en luuks. Daar is 4 kothuise. Die kothuise is goed ingerig met eetgerei, breekware, kooktoestelle en 'n yskas. Daar is ongelukkig nie 'n TV nie. Ons gebruik slegs gansveer-duvets met die Ember Down-etiket en gehalte linne met 'n 400-draadtelling. Doeltreffende houtstofies verseker snoesige kaggel-hitte en gemak op koue, sneeu-bedekte en reënerige aande. As 'n ekstra bonus het jy die geleentheid om in silwerskoon bronwater te bad. Ons water is sag en soet, getoets deur die UOVS en as 'uitstekend' bestempel. Wel, hulle het eintlik net gesê dit is veilig om te drink, het geen besoedeling in nie en is van uitstekende gehalte: Ons sê dus dis uitstekend.

Dít is 'n plek waar jy 'n bietjie rustig kan word, weer diep asem kan haal en jou siel kan verkwik. Geen dier is op hierdie plaas geskiet sedert 2007 nie, so ons kleinwild en voëls is mak genoeg om maklik te gewaar en dop te hou: hier lê ons die klem op rus en vrede. Indien jy tog die hunkering het om die bloed 'n bietjie vinniger te laat pomp het ons pragtige voetslaanpaaie en wonderlike fiets- en drafroetes.

Soos skemer ons omvou kan jy amper seker wees dat jy die gehuil van jakkalse sal hoor soos die verskillende troppe met mekaar kommunikeer. Aande hier is soos energiedrankies vir die siel. Luilekker skemerkelkies lei na gesellige braaie en bevredigende aandetes.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 38 resensies vir Springwater Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Schoonzicht plaas, Ficksburg, 9730, Vrystaat
  • Gaste dink Springwater Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoonzicht plaas, Ficksburg, 9730, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU1MDcwN2RkLTcyYTktNGI5Mi05OGMwLTA1ZjM3NWE2ODljOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R760  per nag (vir 2 persone) 38 5 1 5 Schoonzicht Farm Ficksburg 9730 Vrystaat 086 999 0018 12:00-18:00 10:00 -28.84171609285 27.782021763916
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!