Squirrel & Vine

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Squirrel & Vine is 'n privaat, volledig toegeruste selfsorgwoonstel met lugversorging en is uitstekend geleë in Stellenbosch se historiese kern. Gaste kan stap na die winkels, koffiewinkels, restaurante en vele geskiedkundige besienswaardighede in die omgewing.

'n Maksimum van drie gaste kan geakkommodeer word. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed (ekstra lengte). Daar is 1 badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die leefkamer beskik oor lugversorging en het 'n slaapbank (enkelbed-grootte), TV met DStv, DVD-speler en gratis WiFi. Daar is ook 'n radio, haardroër en 'n digitale elektroniese kluis. Die granietblad-kombuis is ten volle toegerus met 'n oond, stoof, mikrogolfoond, yskas met vrieskas kompartement, ketel, rooster, perkoleerder, breekware, eetgerei en kombuistoebehore.

'n Wasmasjien word ook voorsien. 'n Privaat onderdakstoep kyk uit oor Hertestraat en het 'n tafel en stoele vir buitelug-etes. Veilige parkeerplek is in die sekuriteitskompleks beskikbaar. Neem asb. kennis dat oop vure 'n risiko is in hierdie historiese deel van die dorp - 'n braai en kaggel word dus nie voorsien nie.

'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek en linne, handdoeke en ander benodigdhede word voorsien.

Die woonstel is in Hertestraat ('n doodloopstraat) geleë en is een van 12 eenhede in privaat besit. Squirrel & Vine is 250 m se stap van die Stellenbosch Toerisme en Inligtings Bureau af, en 150 m van Oom Samie Se Winkel af.

Slaapplek

'n Bespreking by Squirrel & Vine sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Squirrel & Vine gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za