Clarens Akkommodasie by St Fort Country House | LekkeSlaap
+12

St Fort Country House

15 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Fort Plaas, Fouriesburg-pad, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 040 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hierdie gerestoureerde sandsteen-opstal wat dateer uit 1913 is sowat 5 km van Clarens af geleë. Die opstal staan op 'n luisterryke stuk landbougrond wat 890 hektaar groot is, en skouers skuur met die Maluti-berge.

Die plaas het 5 en suite-slaapkamers - 5 is in die hoofhuis geleë en die sesde een is 'n pragtige tuinkothuis. Van die kamers in die plaashuis het antieke meubelstukke. Die grootste slaapkamer, kamer 1, het 'n bad en 'n stort, en daar is plek vir 2 ekstra beddens. Al die ander kamers het storte. Daar is 2 enkelbeddens in elke slaapkamer wat teen mekaar geskuif kan word. Ons voorsien olieverwarmers en elektriese komberse in die winter.

Twee van hierdie slaapkamers vorm 'n eenheid met sy eie sitkamer, kombuisie en veranda. Die ander 3 kamers vorm 'n groter eenheid wat ook sy eie veranda, sitkamer en ruim kombuis met ondervloerse verhitting het. Die hoofhuis het DStv en albei sitareas het kaggels. Komplimentêre sjerrie word ook voorsien.

Tuinkothuis: die tuinkothuis bestaan uit 'n kombuisie en 'n dubbelbed wat verdeel kan word in 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer in die kothuis is toegerus met 'n bad en stort.

Die hele huis, 'n spesifieke eenheid of kamer kan bespreek word.

Rook is verbode binnenshuis, maar daar is asbakke buite.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 15 resensies vir St Fort Country House
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • St Fort Plaas, Fouriesburg-pad, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink St Fort Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 040
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 040
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Fort Plaas, Fouriesburg-pad, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDlkMmI2NTkzLTcyNDUtNGQ4NC1iNjkxLWQ5YjUwNzE3MWViNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 040  per nag (vir 2 persone) 15 5 1 5 St Fort Farm R711 Fouriesburg Road 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.56057821049 28.412590042297
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za