St Ives Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Ives is 'n lodge, restaurant en trou-venue en is in Leeurivier in die pragtige KwaZulu-Natalse Middellande op die R103 geleë. Dit is 10 km van Howick af, 7 km van die Midmar-dam af, 20 minute van Pietermaritzburg af en 1 uur van Durban af. Die pragtige landgoed is die tuiste van 'n groot verskeidenheid wild, forel en 'n oorvloed voëls.

Sluit by ons aan vir 'n unieke ervaring waar die wild rondom jou individueel versierde kamer wei. Elke suite het 'n en suite-badkamer met luukse geriewe en knus, wit japonne asook 'n kombuisie wat ingerig is met 'n yskassie, broodrooster, ketel, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en glasware. Geriewe in die kamer sluit in: 'n kaggel met vuurmaakhout, warm en koue lugversorging, 'n platskerm-TV met DStv, 'n haardroër, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe. Groot handdoeke en uitstekende linne word voorsien en swemhanddoeke is beskikbaar op versoek.

Die legendariese, eksklusiewe restaurant op die perseel met sy dubbel-vleueldekontwerp en passie vir kosmaak is al lank in die bedryf en tot vandag toe is elke maaltyd wat hier deur die hoogs gekwalifiseerde sjef en kombuispersoneel opgedis word, perfek. Elke dis word vars voorberei om die hoë gehalte te behou.

Die boma-kroeg bied vuuroond-pizzas, oopvlam-gebraaide hamburgers en prego-rolletjies. Die kroeg is kindervriendelik en het 'n platskerm-TV wat al die vernaamste sportgeleenthede uitsaai. Die area is ook beskikbaar vir korporatiewe funksies.

Ons nuut opgeknapte konferensiesentrum het baie natuurlike lig wat deur die glas-stapeldeure skyn. Dit lei na 'n verhewe dek met prentjiemooi uitsigte oor die asemrowende meer. Dit is die perfekte plek om jou besigheid se korporatiewe konferensie en spanbou-projekte te hou.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Ives Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za