St James Homestead

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St James Homestead is in St. James geleë, wat vroeër bekend gestaan het as die "miljoenêrsmyl" en tans sy herverskyning maak as een van die mees moderne blyplekke in Kaapstad. Dit bied pragtige see-uitsigte oor Valsbaai en is net 'n kort entjie se ry van Kaapstad, Simonstad en ander bekoorlike besienswaardighede af.

Gaste kan kies of hulle in die klassieke suite of die "deluxe" tuin-suite wil bly. Elke suite is pragtig versier met luukse afwerkings en 'n pragtige, luukse en suite-badkamer. Elke suite is het ook 'n sitkamer, waaier, ondervloerse verhitting, verhitte handdoekrelings, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n persoonlike kluis, WiFi, koffie- en teemaakgeriewe, japonne en pantoffels. 'n Groot verskeidenheid ontbyt-opsies is in die ontbytkamer beskikbaar en by die tariewe ingesluit.

St James Homestead het 'n skitterende swembad, 'n ontbytkamer, ruim sitkamer, rekenaarstasie, 'n kroeg en 'n buitebraai op die dek. Daar is ook 'n gimnasium by Seaforth, wasserygeriewe en 24 uur-sekuriteit en parkeerplek beskikbaar. Plaaslike restaurante en Kalkbaai se hawe is na aan ons geleë.

St James Homestead bied die ideale ontspanne, maar steeds luukse, verblyf vir enige gas.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Wasgoeddiens
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St James Homestead gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za