St Tropez 1105

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Tropez 1105 is 'n lieflike selfsorgwoonstel in St Tropez, 'n woonstelblok in Strand net oorkant die swemstrand. Die woonstel bied 'n pragtige uitsig oor Valsbaai en is net 'n paar minute se ry van die gholfbaan en Somerset Mall af.

St Tropez 1105 het slaapplek vir 2 gaste met 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n TV teen die muur met DStv (gesinspakket). Geniet die pragtige see-uitsig terwyl jy nog luilekker in jou bed lê. Die badkamer is ingerig met 'n aparte bad en 'n ruim stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, ketel en 'n broodrooster. Verder is daar ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die gerieflike sitkamer het ook 'n TV met DStv (gesinspakket). Die sitkamer maak op die balkon oop wat spog met panoramiese uitsigte oor die see.

Die St Tropez-kompleks het 'n gemeenskaplike wasserydiens (wat met munte werk) op die grondvloer en ook gemeenskaplike braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dit is die ideale basis vir 'n rustige strandvakansie, net 30 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en na aan Stellenbosch met verskeie wynlande wat jy kan besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by St Tropez 1105 sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Tropez 1105 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za