Strand Akkommodasie by St Tropez 606 | LekkeSlaap
+9

St Tropez 606

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 55% af

Kry 55% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Geldig vanaf 6 Jun 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 183 Strand, St Tropez 606, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 R540 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

St Tropez 606 is 'n selfsorgwoonstel in die veilige St Tropez-woonstelblok in die Strand oorkant die swemstrand. Die woonstel het pragtige uitsigte oor Valsbaai en net 'n entjie se ry vanaf die gholfbaan en Somerset Mall. Dis die ideale basis vir 'n ontspanne seevakansie en is net 30 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Dis ook naby Stellenbosch met 'n verskeidenheid wynlandgoedere.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en groot vensters waardeur gaste die see-uitsig kan geniet. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur. Die leefarea het groot vensters, so gaste kan net rustig sit en die seebriesie en pragtige see-uitsig geniet.

Die St Tropez-kompleks het 'n gemeenskaplike wassery wat met munte werk op die grondvloer en gemeenskaplike braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

’n Bespreking by St Tropez 606 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Kusweg 183 Strand, St Tropez 606, Strand, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
was R1 200
Vanaf R540
per nag (plek vir 4)
was R1 200
Vanaf R540
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 183 Strand, St Tropez 606, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAM4C2wDTrXDNC4djdwoDHYbfI6ta8XkfoX8Z1clqjCwK057Tn1W?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 200, nou Vanaf R540  per nag (plek vir 4) 183 Beach Road Strand St Tropez 606 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.1053125 18.818132
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za