Staandakkie Guest Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Staandakkie Gastekothuis is 'n bekoorlike, ouwêreldse selfsorgkothuis op 'n produserende plaas, net 15 km van Bredasdorp af (sowat 8 km hiervan is 'n grondpad wat geskik is vir 'n klein voertuig). Die kothuis is afsonderlik van die plaashuis, maar is naby genoeg indien gaste met die vriendelike gasheer wil gesels.

Dié kothuis bied verblyf vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 en suite-badkamer en 'n kombuisie. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. 'n TV, verwarmer en radio word voorsien. Die kombuisie is toegerus met 'n stoof, yskassie, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware. Koffie, tee, suiker, melk en beskuit word aan die begin voorsien.

Daar is ook 'n braai-area met stoepmeubels. 'n Braairooster en hout word voorsien. Let asb. daarop dat die eienaars 2 Labradors en 'n Skaaphond op die perseel het.

Staandakkie Gastekothuis word deur die plaas se pragtige landskap omring en is net 2 km van die historiese melkhoutboom op Rhenosterfontein-plaas. Bring gerus ook jou fiets saam. Die voëllewe is volop.

Die kothuis is 35 km vanaf Arniston en die naaste strand, en 55 km vanaf die Suidelikste punt van Afrika. Die De Hoop Natuurreservaat is 43 km ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Staandakkie Guest Cottage sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Staandakkie Guest Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za