Stanford Akkommodasie by Stanford Hills Cottages | LekkeSlaap
+31

Stanford Hills Cottages

  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stanford Hills Estate, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R300 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Stanford Hills Cottages is op die geskiedkundige Weltevrede Plaas geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf naby Stanford, 'n oulike dorpie aan die oewer van die Kleinrivier.

Verblyf word aangebied in 3 verskillende eenhede, genaamd Brunia Cottage, Sylvia Cottage en The Homestead (Manor House ). Hierdie geskiedkundige werkerskothuise (Brunia en Sylvia) is gerestoureer om gemak en gerief te bied. Brunia Cottage is langs Sylvia Cottage en ongeveer 5 minute se stap van die kantoor en die restaurant af. Die oorspronklike plaashuis The Homestead (Manor House ), is ryk aan geskiedenis en daar word geglo dat Philippus de Bruyn dit gebou het. Hy het Stanford ontdek. Gaste by The Homestead (Manor House) het toegang tot 'n privaat swembad. Gaste is welkom om die plaas te verken en om die natuurlike flora en fauna te bewonder.

Die Tasting Room-restaurant is 7 dae per week oop. Ontbyt word van 08:30 tot 11:00 bedien en middagete word van 12:00 tot 16:00 bedien. Gaste wat in die Stanford Hills Cottages bly is welkom om die wyne wat op Stanford Hills Cottages vervaardig word, gratis te kom proe. Daar is 'n kroeg en proelokaal in die oorspronklike, opgeknapte plaaskothuis wat ook spog met 'n pragtige uitsig oor die dam en die Stanford-vallei. Die 3 plaasdamme kry water van die bergstrome af en is redelik veilig om in te swem. Een van die plaasdamme, wat voor die restaurant geleë is, het 'n roeibootjie en kano wat gaste op eie risiko kan gebruik. Nog 'n plaasdam is vol baars en gaste kan probeer om hulle te vang. Hulle moet egter weer vrygelaat word. Gaste moet asseblief. hul eie visvang-toerusting bring. Jy kan perdry op die plaas en daar is ook 2 staproetes, een van 2 km lank en een van 5 km lank. Kinders van alle ouderdomme is welkom en daar is 'n groot speelgrond met 'n swaai, 'n trampolien en 'n klimraam voor die restaurant. Daar is ook verskeie speelgoed waarmee hulle kan speel. Al die geriewe by Stanford Hills is troeteldiervriendelik.

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 16 resensies vir Stanford Hills Cottages
Netheid
3.8/5
Diens
3.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Stanford Hills Estate, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stanford Hills Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R300
per nag (plek vir 11)
Vanaf R300
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stanford Hills Estate, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmMTQ3NzM2LTQ0N2EtNDNiMi05YmM5LTMyOTdlOTZmNTFjZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R300  per nag (plek vir 11) 16 5 1 4 Stanford Hills Estate Stanford 7210 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -34.426031338603 19.47524594841
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za