Star Dam Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Star Dam Estate bied selfsorgverblyf in 'n stil hoekie van die Dargle-vallei in die KwaZulu-Natalse Middellande naby die ikoniese Inhlosane-heuwel.

Dié landgoed bied verblyf in 3 luukse selfsorg-lodges. Al die eenhede het gasverwarmers en word ook daagliks skoongemaak. Elke lodge het 'n privaat pier wat toegang tot die water bied.

Gaste kan elke lodge apart of al 3 saam bespreek. Die lodges is nie verbind nie, maar dit is minder as 400 m van mekaar af en gaste kan dus maklik tussen hulle beweeg. Gratis WiFi laat gaste toe om aan die buitewêreld verbind te bly, aangesien die selfsoonsein in die area swak is.

Daar is 'n begeleide perdrittoer met opgeleide perde op die Inhlosane-plaas beskikbaar. Bergfiets-entoesiaste kan verseker wees dat die Star Dam-landgoed talle beeldskone roetes bied. Vir diegene wat lief is vir watersport is daar 3 motorbote wat vir visvang doeleindes, en spesifiek hengel, gehuur kan word. Gaste kan hulle eie visstokke saambring en die landgoed vanuit 'n ander perspektief op die water leer ken.

Die bote kan gehuur word, maar gaste is ook welkom om hulle eie kano's of ski's saam te bring.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Star Dam Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za