Star Holiday Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Star Holiday Apartments bied verblyf in Kaapstad en is versier met stedelike panache van die beste gehalte.

Hierdie luukse drieverdierping-woonstelblok bied verblyf met 'n villa-styl. Daar is 7 eenhede en die 2- en 3-slaapkamers eenhede spog met ongelooglike uitsigte. Die woonstelle is almal volledig toegerus vir selfsorg. Daar is DStv, gratis WiFi en lugversorging in al die woonstelle.

Die woonstelle word gereeld skoongemaak teen geen ekstra koste nie. Elke woonstel het sy eie veilige parkeerplek.

Star Holiday Apartments is stapafstand van die Garden Court Hotel en Oostelike Boulevard af waar jy asemrowende uitsigte kan geniet. Table Bay se hawe en die V&A Waterfront is stapafstand en die woonstelle is ook gerieflik as jy die stadskern, Kaapstadstadion en die snelweë moet bereik.

Jou toegewyde en ingeligte gashere sal die plaaslike inligting met jou deel en bied 'n reeks dienste teen kompeterende pryse. Die KIKS (CTICC) en stad se sakekern is lekker naby wat hierdie woonstelle besonder gewild onder sakereisigers maak. Kaapstad Internasionale Lughawe is net so 15 minute se ry ver.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Star Holiday Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za