LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Stay at Seodin | LekkeSlaap
+17

Stay at Seodin

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterside-weg 373, Wildernis, George, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Stay at Seodin is 'n pragtige huis in die hartjie van Wildernis. Dit is tussen Melkhoutbome geleë en bied rus en vrede met gedeeltelike uitsigte oor die strandmeermonding vanuit die tuin.

Stay at Seodin het 2 aparte eenhede: 'n Grasdakkothuis met baie karakter en 'n luukse ateljeewoonstel agter die huis.

Die kothuis het 'n oopplan-slaapkamer, -leefarea en -kombuis. Die slaap-area is toegerus met 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. Die kothuis het ook 'n stapelbed. Die kombuis-area is volledig toegerus vir selfsorg met 'n mikrogolfoond en 'n gaskookplaat. Gaste het toegang tot die luisterryke terras-tuin, patio en braai-area.

Daar is 2 aparte ingange na die kothuis, een vanuit die tuin en die tweede deur agter die kothuis. Die eienaars woon in die hoofhuis op die perseel. Die gashere is altyd beskikbaar om raad te gee rakende doendinge, staproetes, kajak, watersport en plaaslike vermaak. Daaglikse toere om die omgewing te verken is ook beskikbaar.

Die Studio is 'n moderne oopplan-woonstel met 'n gemaklike koningingrootte-bed met Egiptiese katoenlinne. Die eenheid is volledig toegerus met 'n yskassie, ketel, broodrooster en 'n mikrogolfoond. Dit het 'n groot stort en 'n aparte toilet. Die ateljee is agter die pragtige ooorspronklike grasdakhuis in Wildernis met toegang tot 'n manjifieke sprokiestuin met 'n uitsig oor die meer en oseaan.

Die ateljee is lig en lugtig en het moderne afwerkings. Dit was eens 'n kreatiewe kunsateljee en is nou opgeknap en in 'n pragtige leef- en slaaparea omskep. Dit is ideaal vir paartjies of enkelreisigers.

Gaste kan rustig in die tuin ontspan en die uitsigte oor die Touwrivier en oseaan bewonder. Die strand en meer kan maklik van daar af bereik word. Wildernis se bekoorlike dorpie is net 1 km weg. Die eiendom is gerieflik naby die dorp se restaurante, winkels, dokters, 'n apteek, 'n poskantoor en 'n motorhawe.

Die strand en die strandmeer is baie na aan ons geleë. Daar is 'n verskeidenheid doendinge in die area, waaronder voëlkyk, valskermsweef, staproetes, kajak, visvang, branderplankry, gholf, fietsryroetes, musiekvertonings, seil, perdry en joga. George Lughawe is slegs sowat 23,8 km van die verblyf af.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 2 resensies vir Stay at Seodin
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Waterside-weg 373, Wildernis, George, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stay at Seodin het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterside-weg 373, Wildernis, George, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe3c4f0a811bb2fa8626e22bbc8f3ebcadfd9e32e6f22868cd6cea804c3d8723b7f287e3e0433574edf25c1b8af59334cbdd6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 373 Waterside Road Wilderness 6560 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.99247671662 22.581442594528
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem