Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Steenbokfontein Sea Farm Accommodation

  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokfontein Seeplaas, Langs die R365, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Steenbokfontein Sea Farm Accommodation is op 'n unieke Weskus-plaas, slegs 100 m vanaf die see. Dit is net 4 km suid vanaf die gewilde Muisbosskerm en 9 km suid van Lambertsbaai op die Lambertsbaai-Elandsbaai-pad geleë.

Verblyf is beskikbaar in 5 eenhede met slaapplek vir 6 en 2 eenhede met slaapplek vir 10. Elke eenheid het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eenhede vir 6 het elk 'n sitarea met gemaklike rusbanke, asook 'n kombuis wat met 'n mikrogolf, tweeplaatstoof en yskas-vrieskas toegerus is en daar is 'n privaat stoep met 'n ingeboude braai.

Elk van die eenhede wat slaapplek aan 6 tot 10 gaste bied is met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en bied toegang tot 'n gemeenskaplike buitebraai en 'n privaat, draagbare braai. Eenheid 5 spog ook met 'n binnebraai. Alle eenhede is rolstoelvriendelik.

Pragtige Namakwaland-blomme bedek die hele plaas gedurende die lente.

Hier kan gaste die stil en rustige atmosfeer en die klank van branders geniet. Wilde diere soos steenbokkies, hasies en kleurvolle voëls soos poue, korhane, heilige ibisse, tarentale, valke en hadedas kom groet gaste soggens en saans.

Gaste is welkom om Simon's Rock te besoek waar Simon van der Stel destyds die nag deurgebring het en meer as 100 jaar gelede, naby die strand by Steenbokfontein, het die HMS Sybille gestrand. Die liefdesverhaal van die Sybille is te koop.

Daar is fietsry- en voetslaan-roetes wat kruis en dwars oor die hele plaas loop, asook 'n labirint met 'n pragtige uitsig oor die rotsagtige heuwels, plaas en die see. Gaste kan kreefduik, visvang en branderplankry op die privaat strand oorkant die plaas. Een van die langste treine in die wêreld kan gesien en gehoor word soos hy op die nabye Saldanha/Sishen-spoorweg verbystoom.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 61 resensies vir Steenbokfontein Sea Farm Accommodation
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Herman Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Jaar gelys 9

Ligging

  • Steenbokfontein Seeplaas, Langs die R365, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Steenbokfontein Sea Farm Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokfontein Seeplaas, Langs die R365, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFhZjg4Mzg2LWIwODktNDY0NC04NGVhLTI1NjhkZTRhYzRhZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 7) 61 5 1 5 Steenbokfontein Seeplaas Off the R365 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.167923 18.314696
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem