by Steenbokkie | LekkeSlaap
+83

Steenbokkie

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenboksingel 12, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Steenbokkie is in die Oliphantskop Privaat Natuurreservaat in Langebaan.

Daar is 2 selfsorgwoonstelle met slaapplek vir 4 gaste in Tarentaal en 2 gaste in Skillie.

Tarentaal is langs die hoofhuis, grens aan die motorhuis en is heeltemal privaat met 'n privaat ingang. Daar is 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens met en-suite badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is met 2 induksiestowe, 'n mikrogolf, vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n yskas toegerus. Daar is 'n eetarea en die sitarea het 'n kaggel en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n privaat onderdakbraai by elke eenheid. Bring asb. eie rooster. Parkeerplek is onder 'n skadunet, op die perseel, agter 'n afstandbeheerhek beskikbaar.

DIe Skillie-eenheid is ongeveer 20 m van Tarentaal af. Skillie het slaapplek vir 3 gaste. Dit is apart van hoofhuis en is privaat. Dié oopplan-eenheid is gerieflik ingerig met 2 enkelbeddens, 'n slaapbank en 'n en suite-badkamer met stort en toilet. Daar is 'n slaapbank in die braaikamer vir 1 tot 2 kinders onder 14 en die kinders wat daar slaap moet die en suite-badkamer met ander ouers deel. Ander geriewe sluit 'n induksiestoof, yskas, kisvrieskas, mikrogolf, opwasarea, linne en handdoeke in. Gaste moet asb. eie strandhanddoeke saambring. Daar is ’n TV met ’n Access-pakket. Daar is ook gratis 2mb-WiFi, 'n gerieflike binnebraai en onderdak-buitebraai, parkeerplek onder 'n skadunet met 'n afstandbeheerde hek.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Gaste moet hul eie hout vir die kaggel en braai bring, asook 'n drieppotpot indien nodig. Die braai het 'n rooster, maar indien gaste 'n toeknyprooster verkies, moet hulle asb. hul eie een saambring.

Steenbokkie is in Oliphantskop Private Natuurreservaat-kleinhoewes geleë, nie in die dorp nie en ook nie stapafstand van strand af nie. Dis ongeveer 3 km vanaf Club Mykonos en Casino en Laguna Mall. Langebaan is ideaal vir watersport, soos seilplankry, vlieërbranderry en branderplankry, water- en jetski, asook kanovaart en kajakvaart ens.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 72 resensies vir Steenbokkie
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Steenboksingel 12, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Steenbokkie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenboksingel 12, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4b0020a10061ac259cf373ba7cc52e808658f00cf0443f8ba02e042d91c992778b9210bcd36fdfe042a70e9eb1d57db9f334?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900  per nag (plek vir 3) 72 5 1 5 12 Steenbok Close Olifantskop 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.058748016076 18.061788588955
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem