Sterkfontein Heritage Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sterkfontein Heritage Lodge bied gehalteverblyf vir sakereisigers, oornaggaste en gesinne in Krugersdorp. Dié plattelandse hotel skep 'n warm tuiste vir gaste en skenk persoonlike aandag aan elkeen se behoeftes.

Die lodge se kothuiskamers bied slaapplek aan 22 gaste. Gaste kan by die Auberge Aurora restaurant eet en daar is ook 'n gelisensieerde kroeg en 'n teetuin.

Die onderste restaurant is die ideale binnehuis-venue vir funksies met 'n maksimum van 80 gaste. Dit is 'n elegante plek vir troues en die onthaal kan in die gazebo of by die swembadterras gehou word. Spyseniering kan vir verjaarsdae, jaareindfunksies, reünies of enige soort viering verskaf word. Spyseniering kan ook vir die buitelug-venues verskaf word vir groot of klein groepe onder die bome of in die markiestent met sitplek vir 50.

Die Philip Tobias Konferensielokaal het sitplek vir 22 in 'n u-vormige opset, maar in 'n teaterstyl-opset is daar sitplek vir 50 afgevaardigdes. Dit het al die nodige geriewe om effektiewe voorleggings te lewer.

Daar is ook 'n spa waar gaste behandelings kan bespreek. Die behandelings moet vooraf bespreek word, omdat die ruimte beperk is as gevolg van die bekendheid van die spa.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sterkfontein Heritage Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za