Sterland Kampering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sterland Kampering is 'n lieflike kampterrein wat omring word deur Sjinese populierbome, net 1 km buite Sutherland.

Elkeen van die 7 groot staanplekke is tussen bome en elke staanplek het 'n elektriese kragpunt en braaigeriewe. Die staanplekke is bedek met gruis sodat grondseile nie sweet nie, en dit verhoed dat modder in tente en karavane ingetrap word op reëndae.

Drie waterpunte word gedeel tussen die staanplekke en daar is aparte ablusiegeriewe vir mans en dames, met elektriese geisers. Opwasgeriewe en 'n wasgoedlyn word ook gedeel en daar is 'n gemeenskaplike boma, Muisbos, wat gaste kan gebruik op dae wat die wind bietjie pla.

Jurg hou sterrekyk-aande tussen 20:00 en 22:00 op meeste aande, maar let asseblief daarop dat bespreking noodsaaklik is. 'n Kort lesing word gegee en daarna neem Jurg sy gaste na sy vyf 11" teleskope.

Gaste is ook welkom om 'n toer te onderneem na die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die NP van Wyk Louw Museum te besoek, die observatorium huis te besoek om die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond te sien of om die motor te neem en die Oubergpas se skilderagtige roete te verken. Let asseblief daarop dat besprekings noodsaaklik is vir die observatorium.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sterland Kampering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R260 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]