Sterland La Pari Pari

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sterland La Pari Pari is 'n lieflike Victoriaanse huis met slaapplek vir 7 gaste.

Dié huis beskik oor 3 kamers: die eerste kamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens, en die derde kamer het 'n dubbelbed. Elke kamer het 'n muurverwarmer, 'n elektriese kombers en handdoeke. Die kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die huis het 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof en 'n oond. Die sitkamer beskik oor 'n TV en 'n lieflike kaggel vir die koue nagte. 'n Draagbare braai word voorsien.

Sterrekyk-uitstappies saam met Jurg vind op meeste aande tussen 20:00 en 22:00 plaas, maar besprekings word vereis. 'n Kort lesing word gegee en daarna word die gaste na die 6 teleskope (11'') geneem. Besoekers kan ook die NG Kerk, NP van Wyk Louw-museum of die sterrewaghuis (wat een van die grootste teleskope in die Suidelike Halfrond het) besoek of 'n ent gaan ry op die beeldskone Oubergpas.

Slaapplek

'n Bespreking by Sterland La Pari Pari sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sterland La Pari Pari gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 475 per nag (vir 7 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false