LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Stilbaai Tulipslot | LekkeSlaap
+26

Stilbaai Tulipslot

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tulipslot 5, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Stilbaai Tulipslot is 'n ruim, gemeubileerde woonstel en 87 m² groot. Die eenheid het slaapplek vir vir 6 gaste en is in Stilbaai geleë, langsaan 'n privaat woning.

Dié eenheid beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne word voorsien. Gaste word versoek om asb. hul eie handdoeke en toiletware saam te bring. Die oopplan-sitkamer en -kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Daar is ook 'n TV met volledige DStv en WiFi beskikbaar.

Die leefarea bied toegang tot 'n privaat balkon met braaigeriewe. Daar is ook 'n welige tuin en parkeerplek op die perseel beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Stilbaai Tulipslot is in 'n stil en veilige area geleë naby die
Goukourivier met verskeie doendinge soos swem, visvang, kanovaart en gemotoriseerde watersport. Daar is ook diepsee-visvangbote wat op versoek gereël kan word. Rots- en branderplankvisvang is ook gewild. Verder is daar vir sportmanne in dié area 'n gholfbaan, tennisbaan, muurbalbaan, voetslaanroetes en vele meer.

Stilbaai is deel van die Tuinroete, 100 km vanaf Mosselbaai en 140 km vanaf George se lughawe. Dit het 3 Blouvlagstrande en verskeie restaurante en winkels om van te kies en keur.

Slaapplek

’n Bespreking by Stilbaai Tulipslot sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kindermatras vir 1
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 6 resensies vir Stilbaai Tulipslot
Netheid
4.3/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Tulipslot 5, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stilbaai Tulipslot het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tulipslot 5, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdiOWM2NWY1LTA0YjctNDFjMy05MjFkLTVjNjhiNTQ1NTJjZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 5 Tulip Close Stilbaai 6674 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.357408589224 21.413058283745
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!