Storyhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Storyhouse in Kommetjie is stapafstand vanaf Long Beach (ongeveer 200 m). Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg-eenhede. Die uitgestrekte strand bied geleentheid vir swem, stap, draf, branderplankry en vele meer.

Kommetjie met sy rustige atmosfeer en pragtige natuurskoon is ongeveer 30 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en gerieflik geleë vir diegene wat die Kaapse Skiereiland en omgewing wil verken. Wynstreke soos die van Stellenbosch, Franschhoek en die Paarl is binne 'n uur se ry vanaf Kommetjie.

Storyhouse Tweeslaapkamer-selfsorgeenheid wat noord front, is op die grondvloer en het Franse deure wat na 'n privaat houtdek met braaigeriewe lei. Die eenheid is aangebou aan die hoofhuis, maar is privaat met sy eie ingang.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte bed. Die tweede, kleiner slaapkamer (Die Stoepkamer) het 'n stapelbed, wat 2 enkelbeddens bo-op mekaar is. Daar is 'n klerekas in elke slaapkamer. Die eenheid bied slaapplek vir 4 persone en 'n kind kan op die enkel-divan in die oopplan-leefarea slaap. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Beddegoed en badhanddoeke word gratis voorsien. Bring slegs u eie strandhanddoeke saam.

Die oopplan-kombuis en -leefarea is gerieflik toegerus met 'n vierplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, breekware en kookgerei. Vir koeler maande is daar ‘n kaggeltjie.

Storyhouse het nie 'n TV nie, maar ons bied gratis WiFi in die eenheid. 'n Wassery is een blok van die huis af. Daar is parkeerplek vir slegs een voertuig op die perseel – sleepwaentjies en ander voertuie parkeer op die sypaadjie by muurligte. Storyhouse is rookvry, maar gaste is welkom om buite die gebou te rook. Ons het worshondjies op die terrein en kan ongelukkig geen troeteldiere akkommodeer nie.

Storyhouse se eenslaapkamer-selfsorgeenheid is op die eerste verdieping van die hoofhuis en bied slaapplek aan 2 volwassenes. Die eenheid is privaat met 'n eie buitetrap en uitsigte oor Chapman's Peak in die verte. Die eenheid het 'n klein gruis-en-kruietuin met 'n skottelbraai. Hierdie eenheid is slegs vir volwassenes.

Die en suite-slaapkamer het 'n dubbelbed, stort, toilet en wasbak, asook ‘n klerekas en 'n lessenaar vir rekenaars. Beddegoed en badhanddoeke word gratis voorsien. Bring slegs u eie strandhanddoeke saam.

Die kombuisie het 'n tweeplaatgasstoof, mediumgrootte yskas, mikrogolfoond, eet- en kookgerei.

Storyhouse is rookvry, maar gaste is welkom om buite die gebou te rook. Ons kan ongelukkig geen troeteldiere akkommodeer nie.

Gratis parkeerplek is beskikbaar op die sypaadjie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Storyhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za