Strandfontein Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Strandfontein Apartment is 'n netjiese selfsorgwoonstel in Strandfontein aan die Weskus. Dié eenslaapkamerwoonstel is op dieselfde perseel as die hoofhuis.

Die woonstel bied 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad, 'n toilet en 'n wasbak. Daar is 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea het 'n TV met 'n DVD-speler en 'n klankstelsel. Daar is 'n DStv-koppelpunt, maar gaste moet hul eie dekodeerders en slimkaarte saambring.

Die erf is ommuur en toegang word verkry deur middel van 'n outomatiese hek. Die woonstel is net 500 m van die strand af.

Slaapplek

'n Bespreking by Strandfontein Apartment sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Strandfontein Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za