Strandloper

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Strandloper bied verblyf vir 1 tot 4 gaste.

Dié losstaande kothuis beskik oor sy eie ingang en tuin wat ongesteurde beweging en privaatheid van gaste verseker.

Strandloper is 600 meter van Wildernis se gewilde sandstrand geleë. Die eenheid het nie 'n see uitsig nie.

Die eenheid het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Beddegoed, handdoeke en 'n haardroër is ingesluit.

Die leefarea is oopplan en die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof-oond, elektriese ketel, broodrooster, kook- en eetgerei. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en die TV beskik oor 'n volle Premium DStv pakket.

Veilige parkeerplek is beskikbaar in die omheinde tuin. Braaigeriewe is beskikbaar en grasperk bied veilige speelplek aan klein kinders.

Die tuin is 'n lushof vir voëls en meer as 70 verskillende voëlspesies is al op die eiendom waargeneem.

Doendinge in die omgewing sluit wandelings langs die strand, voetslaan op staproetes, swem, kanovaart, bergfietsry, valskermsweef, hengel en voëlkyk in.

Slaapplek

'n Bespreking by Strandloper sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Strandloper gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R720 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za