LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Strandloper @ Moeriesbaai | LekkeSlaap
+40

Strandloper @ Moeriesbaai

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 32, Moerie se baai, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Strandloper @ Moeriesbaai is in die kusdorp Jacobsbaai geleë en 'n lekker wegbreek vir paartjies of enkelreisigers wat wil wegkom. Dit is ook stapafstand vanaf Moeriesbaai se strand.

Die woonstel het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuisarea en 'n slaaparea. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n groot stort. Handdoeke word voorsien. Daar is 'n 40" platskerm-TV met teen die muur. Gaste kan 'n geheuestokkie met flieks bring. Daar is 'n yskas-vrieskas, kookblad, oond, mikrogolfoond, houtskoolkaggel en 'n skottelgoedwasser.

Daar is dubbeldeure wat toegang bied tot 'n ruim balkon en gaste kan gebruik maak van die ingeboude braai-area en piekniektafel met 'n groot sambreel. Braaitoerusting en hout word voorsien. Gaste kan die omliggende Weskus se natuurlike plantegroei geniet en Moeriesbaai se strand is gedeeltelik te sien in die noorde. Die strand is 100 m vanaf die huis.

Toegang tot die woonstel word via 'n stel trappe bereik. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel en 'n alarmstelsel en laserstraal-sekuriteit dra by die toe veiligheid van die gaste en hul voertuie.

Jacobsbaai bied verskeie doendinge, soos voëlkyk, watersport, bootry, visvang, duik, verskeie voetslaanpaaie en duinery.

Slaapplek

’n Bespreking by Strandloper @ Moeriesbaai sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 17 resensies vir Strandloper @ Moeriesbaai
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Strandloperstraat 32, Moerie se baai, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Strandloper @ Moeriesbaai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandloperstraat 32, Moerie se baai, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhkzhtLDlyvub7RX625JA3hPSDD1CrfysbAnyTCg6XgICtFZauR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 32 Strandloper Street Moerie se Baai 7380 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-19:00 10:00 -32.981206896588 17.885232567787
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!