Strandloper
Beskrywing
Dié vakansieverblyf is oorkant die strand met volle uitsig oor die see en die riviermond.
Die verblyf beskik oor 2 selfsorg-eenhede met slaapplek vir 6 gaste in elk. Die eerste woonstel het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in die eerste slaapkamer en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n eie badkamer en daar is slaapplek vir 2 kinders in die leefarea. Die tweede woonstel het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n solderkamer met 4 enkelbeddens.
Beide die eenhede het 'n kombuis, wasmasjien en 'n braai-area. Elke eenheid bied ook veilige parkeerplek en 'n volle see-uitsig.
Die dorp, Stilbaai, is aan die oewer van die Goukou-rivier, en die rivier strek ongeveer 15 km. Weerskante van die monding in die see, is veilige strande. Die dorp is baie gewild vir visvang, swem, seilplankry, vlieërbrandery, kanovaart, fietsry ens. 'n Verskeidenheid voëllewe, fauna en flora is ook te sien op verskillende staproetes wat beskikbaar is.
Stilbaai spog ook met 'n gholfbaan. Buiten al die buitelewe is daar 'n verskeidenheid winkeltjies wat enige nuuskierige sal lok.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Strandloper gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |