Sandton Akkommodasie by Strathavon Bed & Breakfast | LekkeSlaap
+36

Strathavon Bed & Breakfast

Gastehuis
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Dion Slot, , Sandton, 2196, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R582 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Gevestig in 2004, is hierdie goed-geleë gastehuis 'n toevlugsoord in die besige Sandton-metropool. Dis net 'n kort 5-minute se ry van Sandton City af. Strathavon Gastehuis is maklik toegangbaar via die M1-weg, die hoofskakel tussen Johannesburg en Pretoria of die N3 Nasionale hoofweg. Die OR Tambo Internationaale lughawe is ongeveer 30-minute se ry vandaar. Hoekom die uitspattige tariewe van die Sandtonse hotelle betaal wanner ons 'n gerieflike, gemaklike en koste-effektiewe alternatief kan bied?

* Willow Cottage (maksimim kapasiteit 2 volwassenes).
Dis 'n privaat, ten volle toegeruste, selfsorg eenheid. Willow Cottage kom kompleet met vol kombuis en kompakte oopplan-leefarea. Daar is 'n ruim hoofslaapkamer en die kompakte badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Tambotie Suite (maksimum kapasiteit 2 volwassenes).
Hierdie pragtige ruim hoofslaapkamer, geleë op die grondvloer het 'n uitsig oor die tuine en fontein. Die suite is ingerig vir selfsorg met 'n mikrogolf, yskas, wasbak, eetgerei en breekware. Die suite het 2 enkelbeddens wat teenmekaar geskuif is, sowel as 'n koninggrootte-bed. Daar is ook 'n groot en suite-badkamer.

* Die Jacaranda Suite (maksimum kapasiteit 2 volwassenes).
Hierdie suite het 'n groot badkamer met vol bad en stort. Die suite het sy eie televisie en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamer het 2 enkelbeddens teenmekaar geskuif om 'n koningsgrootte-bed te vorm.

* Die Marcela Kamer ( maksimum kapasiteit 2 volwassenes).
Dis 'n gemaklike en kompakte eenheid op die onderste vloer. Die kamer is gemeubileerd met 'n dubbelbed. Die badkamer bestaan uit 'n stort, toilet en wasbak. Daar is televisie in die kamer, sowel as tee-en-koffiegeriewe. Dis die perfekte kamer vir die oornagbesoeker.

* Die Fern Kamer (maksimum kapasiteit 2 volwassenes)
Dis 'n gemaklike en kompakte kame op die grondvloer, met 'n buitenste onderdak-stoep. Daar is televisie, en tee-en-koffiegeriewe in die kamer. Die badkamer bestaan uit 'n hoekbad, stort en wasbak.

* Die Rose Kamer (maksimum kapasiteit 1 volwassene)
Die Rose kamer is die kleinste van die 6 eenhede by Strathavon. Hierdie ekonomie-kamer is nie net bekostigbaar nie, maar bied die oornaggas alles wat benodig word. Die eenheid sit aan die voorkant van dieeiendom met pragtige uitsigte oor die roosbome. Die enkelbed in die kamer word vergesel deur 'n klein lessenaar, spieëltafel. Daar is televisie, en tee-en-koffiegeriewe in die kamer. Die badkamer beski oor 'n stort, toilet en wasbak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 15 resensies vir Strathavon Bed & Breakfast
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • 34 Dion Slot, , Sandton, 2196, Gauteng
  • Gaste dink Strathavon Bed & Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R582
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R582
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Dion Slot, , Sandton, 2196, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxY2E3MTg5LTIzZGUtNDI0Yy1iYWMzLTdiMGI5ODE1ZGE3NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R582  per nag (vir 2 persone) 15 5 1 5 34 Dion Close Sandown Estates 2196 Gauteng 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -26.092477887132 28.078694343567
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za