Mosselbaai Akkommodasie by Stroopsoet Vakansie Huisie | LekkeSlaap
+16
+16

Stroopsoet Vakansie Huisie

6 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 5)
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: A. Lineatastraat 31, Danabaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Stroopsoet Vakansie Huisie bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n tweeslaapkamerhuis in Danabaai, 'n woonbuurt in die kusdorpie Mosselbaai. Daar is 'n pragtige see-uitsig van die huis af.

Die huis het 2 en suite-badkamers, 'n ruim oopplan-leefarea en -kombuis. Die slaapkamers het dubbelbeddens en die en suite-badkamers het storte.

Die oopplan-leefarea maak op die stoep met 'n ingeboude braai en see-uitsigte oop. Die oopplan-leefarea is toegerus met 'n TV en 'n slaapbank en die kombuis het 'n ontbyttoonbank, yskas, oond, stoof, mikrogolf en ketel. Gaste het toegang tot die mini-wasserygeriewe in die motorhuis met 'n wasmasjien.

Die naaste strand is sowat 2,5 km van die huis af. Die dorpie Mosselbaai is halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth geleë en dis in die hartjie van die Tuinroete. Dus is dit 'n ideale oornagplek vir reisigers tussen die Wes- en die Oos-Kaap. Mosselbaai is 'n welbekende toeristebestemming en is veral bekend vir sy poskantoor in die vorm van 'n skoen, die Tuinroete-casino en 60 km se uitgestrekte strande. Besienswaardighede sluit in die Kaap St Blaize-vuurtoring, die Mosselbaai-gholfklub, Ochre Barn, The Old Joinery, die oorlogsgedenkteken, Zorgfontein-wildplaas en Botlierskop Privaat Wildreservaat. Verder is daar 'n hele rits doendinge in Mosselbaai vir die adrenalienvrate, insluitend haaihokduik, skeepswrak-duik, motorbootritte, township-toere, reksprong en valskermspring.

Slaapplek

’n Bespreking by Stroopsoet Vakansie Huisie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 6 resensies vir Stroopsoet Vakansie Huisie
Netheid
4.2/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • A. Lineatastraat 31, Danabaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stroopsoet Vakansie Huisie het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (plek vir 5)
Vanaf R900
per nag (plek vir 5)
Vanaf R900
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: A. Lineatastraat 31, Danabaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU4MTIyNGU0LTVkYTUtNDE1Yy04ZTU5LTdlYjQxMjRhYjc4NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (plek vir 5) 6 5 1 5 31 A. Lineata street Dana Bay 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.1951759 22.045145
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za