StruisVogel
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 2 Mei 2022 tot 2 Sep 2022 gemaak.
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Susansingel 27, Oceanview Heights, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 450R1 088 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
StruisVogel is 'n lieflike selfsorghuis vir 8 gaste met 'n houtvuurbederfbad op 'n heerlike kuierstoep.
Dié dubbelverdiepinghuis het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Twee van die slaapkamers is op die grondverdieping en het elk 'n dubbelbed. Dié kamers deel 'n badkamer wat 'n stort en toilet het. Die solderkamer het 4 enkelbeddens wat in 2 koninggrootte-beddens omskep kan word. Dié kamer gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring. Die stoep is onderdak en het stapeldeure en - vensters wat toegemaak is sodat die stoep wind en reën bestand is.
Die groot oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas, vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan in die sitarea ontspan en ook die binnebraai gebruik.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n onderdakbraai en 'n see-uitsig. Parkeerplek vir 4 voertuie is beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Struisbaai het 'n rits doendinge soos visvang, swem, kajakroei, branderplankry, sweefski en walviskyk tussen Julie en Augustus. Gaste kan ook 4 km ry na L'Agulhas om die Quoin Point-vuurtoring, die Cape Agulhas Vuurtoringmuseum en voetslaanroetes soos Spookdraai en Rasperpunt te verken.
Slaapplek
’n Bespreking by StruisVogel sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Susansingel 27, Oceanview Heights, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink StruisVogel het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Susansingel 27, Oceanview Heights, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom