LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Studio Ocean | LekkeSlaap
+19

Studio Ocean

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marsstraat, Marina Glen Resort 39, Marina-strand, 4281, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Studio Ocean is 'n selfsorgwoonstel in Marina Glen by Marina strand aan KwaZulu-Natal se suidkus. Dié gerieflike selfsorgwoonstel is goed toegerus en ideaal vir sakelui en vakansiegangers.

Mense wat hier aanklop is mal oor die lieflike uitsig oor die inheemse woud en die dreuning van die branders in die agtergrond. Die kompleks het 'n swembad, mini-gholfbaan en 'n speelpark vir die jongspan, en dit is net 1 kilometer van die Blouvlagstrand af.

Dié kothuis het slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 1 slaapkamer, 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuisie en -woonkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die woonkamer. Die badkamer is onlangs oorgedoen en het 'n groot stort, wasbak, toilet, en 'n wasmasjien.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, gas-stoof en oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en toebehore. Daar is 'n ingeboude braaiplek en buitemeubels in die tuintjie langs die kothuis. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Vir gaste se vermaak is daar 'n TV, DVD-speler en 'n klein HiFi. Bring asb. jou eie dekodeerder en DStv-slimkaart saam. Daar is ook boeke, DVD's en tydskrifte.

Die pragtige nabygeleë gholfbaan en al die besienswaardighede in die omgewing maak van Studio Ocean 'n puik vakansiebestemming.

Let asseblief daarop dat ons 'n minimum-verblyftydperk van 6 nagte het gedurende die Desember-vakansie.

Slaapplek

’n Bespreking by Studio Ocean sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 1 resensie vir Studio Ocean
Netheid
3.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Marsstraat, Marina Glen Resort 39, Marina-strand, 4281, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Marsstraat, Marina Glen Resort 39, Marina-strand, 4281, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA244ebc8552b8d66db4329c1f4559ec5fe25af77cda0528a7bfc2eea0a907af2895cca514c2e78314e3497766ee408575a359?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 4) 1 5 1 4 Mars Street 39 Marina Glen Resort 4281 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-16:00 09:00 -30.930979 30.302943
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!