LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+40
Selfsorg in Pretoria

Stukkie Hemel



13 gaste

5 slaapkamers

8 beddens

6 badkamers

  • 13 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • 145 General Marais Road, Zwavelpoort, Pretoria, 0081, Gauteng Sien kaart

Beskrywing

Stukkie Hemel bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n ruim huis in Pretoria, Gauteng. Die huis bied slaapplek vir tot 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers en 3 aparte toilette.

Die hoofslaapkamer is ingerig met ’n koninggrootte-bed en ’n enkelbed. Die tweede slaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer wat met ’n bad, wasbak en toilet toegerus is. Slaapkamers 3 en 4 het elk ’n dubbelbed, terwyl die vyfde slaapkamer ’n enkelbed het. ’n Bykomende koninggrootte-bed is in die kelder beskikbaar, asook 4 enkelslaapbanke wat geskik is vir kinders. Twee gedeelde badkamers is beskikbaar, waarvan een met ’n stort, wasbak en toilet toegerus is, terwyl die ander ’n bad, wasbak en toilet het. Daar is ook 3 aparte toilette.

Die oopplan-leefarea beskik oor ’n volledig toegeruste kombuis met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. ’n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Die eetarea het sitplek vir 12 gaste. Die sitkamer is ingerig met gemaklike sitplek en ’n TV met YouTube en Netflix. Gratis WiFi en ’n kaggel is ook beskikbaar. Let asseblief daarop dat daar nie altyd elektrisiteit op die perseel beskikbaar is nie.

Buite is daar ’n ruim balkon met buitesitplek, asook ’n swembad en braai-area. Veilige parkeerplek is beskikbaar.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis

Kamer-opset

Slaapplek vir 13 mense 5 Slaapkamers 6 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Bad

Badkamer

Stort

Badkamer

Toilet

Badkamer

Toilet

Badkamer

Toilet


Resensies

4/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
3.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
2.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

4/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
3.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
2.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Carolina V
Kort verblyf
4.2
Mei 2026

Pragtige plek. Ons het lekker gebly en die kuierarea baie geniet met die pooltafel. Die huis is pragtig en groot genoeg om 'n groot groep te akkommodeer. Eienaar moet net die huis adverteer as 'off the grid', slegs solar en batterykrag. Die huis kort onderhoud; glasdeure wat oopmaak na buite kan nie oopgemaak word sonder gereedskap. Die huis kort beslis onderhoud; kombuisware is bietjie uitgedien, maar ons het lekker gekuier.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
William
Stukkie Hemel
Dankie vir jou terugvoer, Carolina. Ons het die beperkte solarkrag situasie aangespreek en ons het begin met 'n korrektiewe onderhoudsprogram om skuifdeure te diens. Ons bied graag 'n 20% korting aan vir julle volgende besoek. Groete, William & die Stukkie Hemel span

Etienne T
Kort verblyf
3.8
Apr 2026

Ligging perfek. Vir 'n funksie nie aan te beveel nie. As jy net vir naweek wil kuier, is dit 'n goeie blyplek. Ons was vir 'n troue daar, bruid en bruidegom moes daar reg maak. Die huis is net op solar en van die grid af. Die krag hou egter nie die hele aand nie en sodoende is daar ook nie warm water in die oggend nie. Die krag kom eers weer so 8:30 aan en dit werk nie so goed vir 'n bruid wat net rustig wou bad en hare doen nie. Pap batterye hou nie baie van haardroeërs nie. Vir die prys wat jy betaal, wil ek nie hoor jy moet die ligte en TV afsit vroeg aand nie. Die onderste hek moet ook met 'n remote oopgemaak word. Dis nogal lastig as mense heeltyd kom en gaan, want jy moet elke keer saam hulle afbeweeg na die hek.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0


Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

William Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 2 jaar


Ligging

Gaste dink Stukkie Hemel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Tariewe en beskikbaarheid


Wat jy moet weet

Inklok Tussen 14:00 en 19:00
Uitklok Voor 12:00
Tariewe wat vertoon word is op 'n selfsorgbasis.
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Vanaf
R7 990
per nag (plek vir 13)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R7 990
per nag (plek vir 13)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R7 990
per nag (plek vir 13)
Bespreek

145 General Marais Road, Zwavelpoort, Pretoria, 0081, Gauteng

Sien kaart
  • 13 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
https://properties.cdn.tripco.co.za/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe58f1db0c8b879d8c3350ab7890b13b43a516475414b675d03aa4442b133da78d46dd0a08a604c81482e655f61e5fcdfd8ce?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 990 per nag (plek vir 13) 2 5 1 4 145 General Marais Road Zwavelpoort 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -25.838760426176 28.374550122834
Soek in 'n groter streek